Woord vir Vandag - 29 Jan 2025

Loading player...
“Josef het die oudste een Manasse genoem… Die tweede een het hy Efraim genoem…” Genesis 41:51-52 NLV
Beweeg aan
Wanneer jy ‘n tragedie of verlies ervaar, kan jy, tensy jy hulp kry, emosioneel afskakel en daarin vasgevang bly. Wanneer jy op die pyn van die verlede fokus, loop jy die risiko om die seën wat God vir jou in die toekoms het, mis te loop. As enigiemand ‘n rede gehad het om tot wanhoop in te gee, was dit Josef. Die mense wat veronderstel was om vir hom lief te wees, het hom verraai. Hy is belaster, daar is oor hom gelieg en hy is onder valse voorwendsels in die tronk gestop. Hoe het hy dit oorleef? Vier keer in Genesis 39 sê die Bybel: ‘Die Here was by Josef.’ ‘n Versekering van God se teenwoordigheid sal jou deur dinge wat jou andersins sal vernietig, staande hou. Josef het geweet dat hy moes vergewe en vergeet en nie aan wrokke vasklou nie, om hom sodoende vry te maak en te posisioneer om sy goddelike lotsbestemming te vervul. Hoe weet ons dit? Oor wat hy sy twee seuns genoem het: ‘Josef het die oudste een Manasse genoem, want hy het gesê: ‘God het my al my kwellings laat vergeet, en ook alles wat my familie teen my gedoen het.’ Die tweede een het hy Efraim genoem, want hy het gesê: ‘God het my vrugbaar gemaak in die land van my swaarkry.’’ Wie het Josef in staat gestel om die pyn van dit wat sy familie hom aangedoen het te vergeet? God! Wat het hom in staat gestel om die ongeregtighede wat ander mense hom aangedoen het te oorkom? ‘n Daaglikse versekering van God se teenwoordigheid. Vandag sal God se teenwoordigheid dieselfde vir jou doen. Sy belofte aan jou is: ‘Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees… Want Ek is die Here jou God…” (Jesaja 43:2-3 NLV).
28 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min