Woord vir Vandag - 30 Jan 2025

Loading player...
“Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.” Spreuke 22:6 NLV)
Hou aan bid vir jou kinders
Die Verlore Seun het uiteindelik huis toe gekom en weer sy plek in die familie ingeneem. Toe hy alles verloor het en in ‘n varkhok opgeëindig het, sê die Bybel hy het: ‘…uiteindelik tot sy sinne [gekom]…’ (Lukas 15:17 NLV). Dis moeilik om toe te kyk hoe iemand wat jy liefhet ly, maar soms is dit nodig dat hulle die bodem tref sodat hulle kan omdraai. Die Verlore Seun se breekpunt het sy omdraaipunt geword: ‘Ek sal huis toe gaan na my pa toe en sê: Pa, ek het gesondig…’ (vers 18 NLV). Sy pa was ‘n goeie vader met ‘n rebelse kind. As dit jou beskryf, is hier raad vir jou: 1) Moenie jouself blameer nie. 2) Moenie jou kind se swakheid vanaf jou posisie van krag oordeel nie. Die rede hoekom hulle nie kan sien nie is omdat hulle geestelik blind is. God kan egter hul oë oopmaak. Jesus het gesê: ‘Niemand kan na My toe kom as die Vader… hom nie na My toe laat kom nie…’ (Johannes 6:44 NLV). Jy kan vir jou kind bid en vertrou dat God hom na Jesus toe sal laat kom. 3) Hou jou hart en jou deur oop. Toe die Verlore Seun uiteindelik tot sy sinne gekom het, het hy geweet waarheen om te gaan; terug huis toe na die vader wat hom liefgehad het. Jy kan nie jou kinders van die gevolge van hulle aksies red nie en jy mag dalk nie in staat wees om die pyn waardeur hulle gaan te verminder nie. As jy egter bid en jou hart en jou deur oophou, kan God hulle terugbring. ‘Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie.’ Dis ‘n belofte waarop jy vandag kan staan.
29 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min