Woord vir Vandag - 31 Jan 2025

Loading player...
“Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is.” Spreuke 17:17 NLV
Vriendskap
Jonatan was die regmatige erfgenaam van die troon van sy vader, Saul, maar Dawid is deur God geroep om Saul as Israel se volgende koning op te volg. Op die ou einde kon net een van hulle koning word. Hoe het hulle dit hanteer? Was hulle kompeterend, of agterdogtig, of jaloers op mekaar? Nee. Die Bybel sê: ‘Jonatan en Dawid het toe ‘n plegtige ooreenkoms aangegaan… Jonatan het sy mantel uitgetrek en dit vir Dawid gegee. Hy het ook sy wapenrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel vir hom gegee’ (1 Samuel 18:3-4 NLV). Dit was Jonatan se kosbaarste besittings. Hy was gewillig om sy lewe vir Dawid te waag, ten spyte van sy pa Saul se waarskuwings dat Jonatan se troon nooit, solank as wat Dawid lewendig was, gevestig sou word nie (sien 1 Samuel 20:31). Net so het Dawid sy lewe in gevaar gestel deur teen die Filistyne te veg om Saul en Jonatan te help om hulle koninkryk te vestig. Die punt van die storie is: ‘n Ware vriend is daar vir jou, selfs wanneer hulle eerder êrens anders sou wou wees. Soos een bekende gesê het: ‘Baie mense wil saam met jou in die limousine rondry, maar wat jy nodig het is iemand wat saam met jou die bus sal neem wanneer die limousine breek.’ Salomo het gesê: ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is.’ Wanneer laas het jy God vir die ware vriende in jou lewe gedank? Wat is dit wat hulle so spesiaal maak? Moenie aanneem dat hulle weet hoe baie jy hulle waardeer nie. Sê dit vir hulle! Onthou ook: As jy ware vriende wil hê – moet jy self een word!
30 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min