Woord vir Vandag - 1 Feb 2025

Loading player...
“Ek het al die dade gesien wat onder die son gedoen word en kyk, alles was sinloos…” Prediker 1:14 NLV
Soek jy na betekenis?
Dink jy dat as jy meer geld of groter sukses gehad het, sou jy gelukkig wees? Die tennisster Boris Becker, het gesê: ‘Ek het twee keer Wimbledon gewen, een keer as die jongste speler. Ek was ryk. Ek het al die materiële besittings gehad wat ek begeer het. Dis die ou storie van filmsterre en popsterre wat selfdood pleeg. Hulle het alles, maar tog is hulle so ongelukkig. Ek het geen innerlike vrede gehad nie.’ Salomo het dieselfde ontdekking gemaak: ‘Ek het al die dade gesien wat onder die son gedoen word en kyk, alles was sinloos, ‘n gejaag na wind!’ Salomo het godsdiens, onderwys, geld, publieke werke, roem, kreatiewe skryfwerk en sensuele plesier probeer: ‘Alles begeerlik in my oë het ek myself nie ontsê nie. Ek het my geen plesier ontsê nie. Ek het genot gevind in my harde werk… Ek het daarna nagedink oor alles wat ek bereik het, oor al die moeite wat ek gedoen het. En ek het besef hoe sinloos dit alles is…’ (Prediker 2:10-11 NLV). Uiteindelik, in die laaste hoofstuk van die boek Prediker, vind Salomo dit waarna hy soek: ‘…Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra’ (Prediker 12:13 NLV). Salomo het besef dat die lewe nie op besittings gebou word nie, maar op verhoudings. Die eerste en belangrikste verhouding wat jy moet hê, is ‘n verhouding met God. Jy vra: ‘Hoe vind ek God?’ Deur Christus! Jesus het gesê: ‘…Ek is die pad en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie’ (Johannes 14:6 NLV). Jy kan vandag ‘n lewensveranderende verhouding met God hê, deur jou vertroue in Jesus Christus te plaas.
31 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min