Woord vir Vandag - 2 Feb 2025

Loading player...
“…Ons bekwaamheid kom van God” 2 Korintiërs 3:5 NLV
Moenie trots ‘n houvas gee nie
Voor sy 1971 geveg teen Joe Frazier, het Muhammad Ali gesê: ‘There’s not a man alive who can whup me. [He jabbed at the air with his blinding left.] I’m too smart. [He tapped his head with his glove.] I’m too pretty. [He showed the cameras his profile, like a bust on a pedestal.] I am the greatest! I am the king! I should be a postage stamp—that’s the only way I’ll ever get licked!’ Raai wat het in daardie geveg gebeur? Tot die verbasing van almal, veral homself, het Ali die geveg teen Frazier verloor. Wanneer selfvertroue in jou eie vermoë en hulpbronne in trots ontaard, wat dan arrogansie word, stuur jy op moeilikheid af. Die Bybel sê: ‘Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val’ (Spreuke 16:18 NLV). Hoe behou mens dus balans? Deur te onthou dat elke gawe, vermoë, talent en hulpbron wat jy het, van God af kom. Selfvertroue is noodsaaklik vir sukses. Daar is niks daarmee verkeerd om die gawes wat God vir jou gegee het te erken nie. Die verskil tussen selfvertroue en vertroue in Christus word egter aan wie die krediet daarvoor ontvang, gesien. Dis moeilik om vol te veel selfvertroue te wees wanneer jy erken dat jy niks sonder God se genade en sy onverdiende guns teenoor jou is nie. Die Bybel sê: ‘…Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: ‘God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy onverdiende goedheid.’ Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak’ (1 Petrus 5:5-6 NLV).
1 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min