Woord vir Vandag - 3 Feb 2025

Loading player...
“…Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf.…” Matteus 25:23 AFR83
Getrouheid
Jesus begin die gelykenis van die talente met die volgende woorde: ‘Verder is God se koningsheerskappy soos…’ (vers 14 NLV). Een van die kragtigste punte wat Hy maak is die belangrikheid daarvan om getrou te wees. Of God jou nou vyf talente, twee talente of een talent gegee het, dit wat vir Hom saakmaak is jou getrouheid. ‘Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’’ (vers 21 AFR83). Jy sal oplet dat Hy nie gesê het: ‘Mooi so, populêre slaaf,’ of ‘briljante slaaf,’ nie, maar ‘getroue slaaf.’ Christus praat oor diegene wat dikwels onopgemerk bly, maar onontbeerlik vir sy doeleindes is. Hy praat oor dié wat geen trompette blaas, geen baniere waai en geen applous eis nie. Hy praat oor dié wat dag na dag opdaag en die talente wat God aan hulle gegee het, gebruik om die werk te doen wat Hy aan hulle opgedra het. Onopgemerk deur mense, maar opgemerk en beloon deur God! ‘God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle mede-Christene gedien het en dit nog steeds doen nie’ (Hebreërs 6:10 NLV). Hierdie woorde beskryf diegene wat die kollig vermy en gelukkig is om in die skaduwees te dien. Dit beskryf dié wat nie net die wedloop begin nie, maar dag na dag hardloop en nie ophou totdat hulle die wenstreep oorgesteek het nie. Ander mag dink dat jy nie veel van ‘n verskil maak nie, maar God doen. Terwyl ander baie waarde aan vaardigheidsvlakke en suksesvlakke heg, meet God jou aan jou getrouheid.
2 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min