Woord vir Vandag - 5 Feb 2025

Loading player...
“…Here, leer ons om te bid…” Lukas 11:1 NLV
Gebed (1)
‘n Bekende pastoor het met ongekende eerlikheid gesê: ‘Gebed is die grootste stryd waarmee ek sukkel. Dit is moeilik om 'n konsekwente gebedslewe te handhaaf en veral soms moeilik om die oortuiging te handhaaf dat dit werk.’ Gebed kom vir die meeste van ons nie natuurlik nie. Ons weet dat dit veronderstel is om ‘n dialoog te wees, maar dit voel meestal soos ‘n monoloog. Daar is niks ergers as om met iemand te probeer praat wat nie terug wil praat nie. Ons hou nie daarvan om dit te erken nie, maar wat ons dikwels oor gebed wonder is die volgende: ‘Hoe kan ek bid sodat God vir my dit wat ek wil hê sal gee?’ ‘n Klein seuntjie is gevra of hy elke aand sy gebed opsê. Hy het geantwoord: ‘Nee, party aande het ek niks nodig nie.’ Gebed gaan nie oor die spesifieke woorde wat jy gebruik of hoe lank jy bid nie. Dit gaan oor kennismaking. Dit gaan daaroor om ‘n verhouding te bou. As jy met iemand oor iets moet praat, mag jy dalk sê: ‘Kom ons kry gou ‘n plek waar ons kan gesels.’ Jy wil seker maak dat jy gehoor word en dat jy hoor wat die ander persoon sê. Wanneer jy die geraas van hierdie wêreld elimineer, verhoog jy jou vermoë om God te hoor. Dit wys God dat jy jou verhouding met Hom ernstig opneem. Die psalmdigter het gesê: ‘Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige’ (Psalm 91:1 NLV). Het jy ‘n ‘skuilplek’ waar jy alleen saam met God kan wees? Dit kan enige plek wees. Jy het egter ‘n plek nodig waar jy kan gaan en jou verhouding met God kan bou.
4 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min