Woord vir Vandag - 6 Feb 2025

Loading player...
“…hulle [moet] altyd aanhou bid sonder om moedeloos te word.” Lukas 18:1 NLV
Gebed (2)
‘n Doktorale student aan die Princeton Universiteit het eendag in Albert Einstein se kantoor ingeloop en gevra: ‘Wat is daar in die wêreld vir oorspronklike proefskrifnavorsing oor?’ Die briljante wetenskaplike het geantwoord: ‘Vind uit oor gebed.’ Einstein was nie die enigste persoon wat nuuskierig oor gebed was nie. Jesus het mense daarin onderrig, omdat die dissipels Hom gevra het om dit te doen. Hulle mag dalk nie proefskrifte daaroor wou skryf nie, maar hulle wou weet hoe om te bid. ‘Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê: ‘Here, leer ons om te bid…’’ (Lukas 11:1 NLV). Die dissipels het Jesus gesien waar Hy besig was om te bid. Die manier waarop Hy gebid het was blykbaar soveel anders as die manier wat hulle gebid het, dat hulle gesê het: ‘Wys ons om te bid soos U bid.’ Voor Jesus die skare op ‘n bonatuurlike wyse kos gegee het, of sy twaalf dissipels uitgekies het, of die storm op die see van Galilea gekalmeer het, het Hy die tyd geneem om eers te bid. Die resultate van sy gebede was so wonderbaarlik dat sy dissipels gesê het: ‘Here, leer ons om te bid.’ Gebed gaan nie hoofsaaklik daaroor om vir God te sê wat jy nodig het nie; dis om nader aan God te beweeg. Soos een pastoor skryf: ‘Dis amper asof God sê: ‘Moenie vir My jou inkopielys bring nie. Ek weet klaar wat daarop staan. Ons sal dit later hanteer. Bring vir My jou hart. Bring vir My jou liefde. Bring vir My jou onverdeelde aandag.’’ Gebed gaan nie hoofsaaklik daaroor om dinge van die Here te kry nie; dit gaan daaroor om tyd met God te bestee.
5 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min