Woord vir Vandag - 7 Feb 2025

Loading player...
“Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.” Handelinge 2:42 NLV
Die belangrikheid van gemeenskap
Euclides was ‘n groot wiskundige wat ongeveer driehonderd jaar na Christus geleef het. Hy is die bekendste vir sy dertien-volume reeks boeke genaamd Elements. Twee van sy grondstellings van meetkunde het die moderne gesegde: ‘Die geheel is groter as die som van sy dele,’ geïnspireer. ‘n Ander manier om dit te sê sou wees: ‘Iets wat nie alleen sal gebeur nie, gebeur in ‘n groep.’ Daardie iets word ‘sinergie’ genoem. Dit kom van die Griekse woord sunergia, wat samewerking en saamwerk beteken. Die Nuwe Testamentiese kerk het dit uitgeoefen: ‘Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.’ Jesus het geestelike sinergie as volg beskryf: ‘Boonop verseker Ek julle: As twee van julle hier op aarde sou saamstem oor enigiets wat julle van God behoort te vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen. Waar twee of drie bymekaarkom omdat hulle my mense is, is Ek immers ook saam met hulle daar’ (Matteus 18:19-20 NLV). Die Heilige Gees openbaar nie alles aan almal nie. Ons leer en groei wanneer ons bymekaar kom. Geestelike volwassenheid vind op twee maniere plaas: 1) Deur gewillig te wees om dit wat God jou geleer het te deel. 2) Deur gewillig te wees om dit wat God ander geleer het, te leer. Let op wat die Bybel oor die Christene in Berea sê: ‘…hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword…’ (Handelinge 17:11-12 NLV). Is jy in gemeenskap met ander gelowiges? Indien nie, beperk jy jou eie geestelike groei en seën.
6 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min