Woord vir Vandag - 8 Feb 2025

Loading player...
“Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.” Psalm 34:2 NLV
Verbeter hoe jy met jouself praat
Of jy dit nou weet of nie, jy het ‘n deurlopende gesprek met jouself. Hoe klink hierdie gesprek? Moedig jy jouself aan? Of veroordeel jy jouself? As jy positief is, dan versterk jy jou positiewe selfbeeld. As jy negatief is, verswak jy jou selfwaarde. As jy ernstig daaroor is om jou lewe te verbeter, moet jy die manier waarop jy oor jouself dink, verbeter. Om dit te doen, moet jy die manier wat jy met jouself praat, verander. Hoe ouer jy word, hoe meer verantwoordelik is jy vir die manier wat jy dink, praat en glo. Het jy nie reeds genoeg probleme nie? Hoekom jouself meer probleme gee deur jouself met negatiewe praatjies te ontmoedig? Verander in jou eie rasieleier. Elke keer wat jy goeie werk doen, komplimenteer jouself. Elke keer wat jy dissipline bo ‘n toegeeflikheid kies, waardeer dit dat jy jouself help. Elke keer wat jy ‘n fout maak, moenie alles opnoem wat fout is met jouself nie; sê vir jouself dat jy die prys vir groei betaal en dat jy volgende keer beter sal doen. Die psalmdigter het die belangrikheid van hoe hy met homself praat, besef: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.’ ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie’ (Psalm 103:2 NLV). ‘Ek sal vir die Here sê: ‘U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou’ (Psalm 91:2 NLV). Die woord vir jou vandag is: verbeter hoe jy met jouself praat.
7 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min