Woord vir Vandag - 9 Feb 2025

Loading player...
“Ek het hulle geantwoord: ‘Ons sal met die hulp van die God van die hemel suksesvol wees. Ons is sy diensknegte, ons sal die mure begin herstel…’” Nehemia 2:20 NLV
Voel jy ongekwalifiseerd?
Met sy afgebreekte mure was Jerusalem weerloos teen sy vyande. Dus het Nehemia ‘n span bymekaargemaak om die mure te herbou. Hy het geen opleiding vir hierdie werk gehad nie. Hy was nie ‘n argitek of ‘n bouer nie. Jerusalem was ver weg geleë en hy was nog nooit daar nie. Hoe jy ook al daarna kyk, hy was nie vir die werk gekwalifiseerd nie. Dis ‘n algemene eienskap van baie van die mense wat God op wonderbaarlike maniere gebruik het. Noag was ‘n boer wat geroep is om ‘n boot in die woestyn te bou. Dawid was ‘n skaapwagter wat geroep is om ‘n Filistynse reus te verslaan. Nehemia was ‘n skinker wat geroep is om Jerusalem se mure te herbou. Wanneer dit daarby kom om God se wil te doen, is Godgegewe passie heelwat belangriker as enige menslike vermoë wat ons kan bydra. God gebruik ons inderwaarheid op die punt van ons grootste onvermoë. Sodoende kry Hy al die krediet. Verstaan egter die volgende: Wanneer God vir jou ‘n ‘las,’ of ‘n ‘passie,’ of ‘n ‘visioen,’ gee, het jy ‘n keuse om te maak. Nehemia het reeds ‘n goeie werk gehad. Om die koning se skinker te wees was soos om sy regterhand te wees. Hy het nie net werksekuriteit nie, maar ook die voorregte en voordele van sy posisie geniet. Hy sou gemaklik gewees het om te bly waar hy is. As hy dit egter gedoen het, sou hy God se wil misgeloop het, daar sou nie ‘n boek in die Bybel na hom vernoem gewees het nie en jy sal nie nou oor hom gelees het nie. Voel jy ongekwalifiseerd? Wanneer God jou roep, rus Hy jou toe, voorsien jou van hulpbronne, lei jou en waarborg jou sukses.
8 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min