Woord vir Vandag - 10 Feb 2025

Loading player...
“Maar toe [Petrus] die hoë golwe rondom hom sien, het hy… begin sink…” Matteus 14:30 NLV
Die verskil tussen Abraham en Petrus
Toe Petrus op bevel van Jesus uit die skuit geklim het, het hy iets gedoen wat hy nog nooit vantevore gedoen het nie; iets wonderbaarliks – om op water te loop. Solank as wat hy bly glo het, was hy suksesvol, maar toe vrees hom oorweldig, het hy begin sink. Die Bybel sê: ‘Maar toe hy die hoë golwe rondom hom sien, het hy paniekerig geword en begin sink. Hy skree toe vir Jesus: ‘Here, red my!’ Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp…’ (verse 30-31 NLV). Petrus se fout was dat hy behep met die storm geraak het. Toe hy op die omstandighede rondom hom, in plaas van op die Redder naby hom, begin fokus het, het hy sy geloof verloor en begin twyfel. Abraham het voor ‘n ander, maar net so moeilike stel omstandighede te staan gekom. Hy het ‘n seun gekry toe hy reeds amper honderd jaar oud was. Die Bybel sê egter: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy eer aan God gegee’ (Romeine 4:20 NLV). Abraham was bewus van sy situasie, maar anders as Petrus was hy nie behep daarmee nie. Dit was sy gedetermineerde en gefokuste geloof wat hom vorentoe na sukses gedryf het. Jy kan uit Petrus se fout en Abraham se voorbeeld leer. Jy kan bewus van jou omstandighede wees, maar nie behep daarmee wees nie. Jy kan doelbewus jou aandag op Jesus hou en in geloof vertrou dat Hy die wonderwerk wat jy nodig het, sal voorsien. Die woord vir jou vandag is dus – hou jou oë op Jesus, bly op dit wat Hy in sy Woord aan jou beloof het gefokus, hou aan in geloof wandel en jy sal kom waar jy nodig het om te wees.
9 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min