Woord vir Vandag - 11 Feb 2025

Loading player...
“Ek sê vir jou, haar sondes – en dit is baie – is vergewe, en daarom bewys sy My baie liefde…” Lukas 7:47 NLV
Jou verlede kwalifiseer jou as 'n aanbidder
Die Bybel sê: ‘Een van die Fariseërs het Jesus na sy huis toe genooi vir ‘n maaltyd… ‘n Sekere vrou van losse sedes het gehoor dat Hy daar is en het ‘n albaste fles met duur aromatiese olies gebring. Sy het agter Jesus gekniel, by sy voete, en gehuil. Haar trane het op sy voete geval en sy het dit met haar hare afgevee. Toe het sy sy voete bly soen en aromatiese olie daaraan gesmeer. Die Fariseër wat… sien wat gebeur… het… vir homself gesê: ‘Dit bewys dat Jesus geen profeet is nie. As God hom werklik gestuur het, sou hy geweet het watter soort vrou hom aanraak. Sy is ‘n sondaar!’ (verse 36-39 NLV). Toe het Jesus sy gedagtes geantwoord. Wat het Jesus vir die Fariseër gesê? Dieselfde wat Hy vandag vir jou sê: Dis jou verlede wat jou kwalifiseer om God te aanbid. ‘Ek sê vir jou, haar sondes – en dit is baie – is vergewe, en daarom bewys sy My baie liefde. Maar iemand vir wie min sondes vergewe is, betoon maar min liefde!’ (vers 47 NLV). As daar nou een aanbiddingsleier in die Bybel is, is dit Dawid. Hy het geskryf: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou’ (Psalm 40:2-4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - jou verlede kwalifiseer jou as 'n aanbidder!
10 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min