Woord vir Vandag - 12 Feb 2025

Loading player...
“Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…” Johannes 5:20 NLV
Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid (1)
Hierdie drie dinge definieer die verhouding wat Jesus met sy Vader gehad het en is die bloudruk vir die tipe verhouding wat jy met God moet bou: intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid. Kom ons kyk eerste na intimiteit. Jesus het gesê: ‘Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ Jy openbaar slegs jouself, insluitend jou mees innerlike gedagtes en geheime, aan iemand met wie jy intimiteit deel. Wanneer jy intiem met God word, sal Hy dinge met jou deel wat ander mense nie weet nie. Dawid se grootste passie was om God intiem te ken. In Psalm 25:4 skryf hy: ‘Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie’ (NLV). Dan volg hy dit op deur te sê: ‘Die Here se voorneme is duidelik vir dié wat Hom dien. Aan hulle maak Hy sy Verbond bekend’ (vers 14 NLV). Om ‘n intieme verhouding met God te hê, verg drie dinge: a) Begeerte. Die waarheid is dat jy tans so naby aan God is as wat jy begeer om te wees; anders sal jy jou prioriteite herrangskik om dit te laat gebeur. b) Dissipline. Dit beteken dat jy elke dag alleen tyd saam met God in gebed en Bybelstudie moet bestee. Wanneer jy bid, praat jy met God. Wanneer jy die Bybel lees, praat God met jou. c) Verblyding. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Iets wonderliks gebeur wanneer jy jouself in die Here verbly. Sy begeertes word jou hartsbegeertes, dus kan Hy jou daarmee vertrou. Wil jy ‘n meer intieme verhouding met die Here hê? As jy gewillig is om dit na te streef, kan jy dit hê.
11 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min