Woord vir Vandag - 13 Feb 2025

Loading player...
“…die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen…” Johannes 5:19 NLV
Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid (2)
Die tweede bousteen wat Jesus se verhouding met sy Vader definieer is die volgende: afhanklikheid. Corrie ten Boom het altyd gesê: ‘Ek is net die handskoen, Jesus is die hand wat dit vul en daardeur werk.’ Dis ‘n beeld van Christus se verhouding met sy hemelse Vader en ‘n bloudruk van die tipe verhouding wat jy met God kan hê. Jy sal twee baie belangrike dinge in die Bybel oor Jesus opmerk: 1) Hy het nooit ‘n vrees vir mislukking gehad, soos ons so dikwels het nie. Hoekom nie? Omdat Hy gereeld gebid en leiding by sy Vader gekry het. Hy het nooit getwyfel nie, omdat Hy geweet het dat Hy volgens die Vader se Woord en volgens sy wil optree. Totdat jy van God gehoor het, is jy ‘n vraagteken. Wanneer jy egter van God gehoor het, is jy ‘n uitroepteken. 2) Jesus het geweet dat Hy nie enigiets van belang sonder sy Vader se leiding en krag kon bereik nie, dus het Hy nooit probeer om dit te doen nie. Ons sê egter dat ons God vertrou, maar tree dan op asof alles net van onsself afhang. Die resultaat? Ons val plat op ons gesigte en hou aan wonder hoekom dit gebeur. Elke aksie van God in jou lewe is bedoel om jou afhanklikheid aan Hom te laat toeneem, nie te laat afneem nie. Iemand het een keer gesê: ‘Jy sal nooit weet dat Christus al is wat jy nodig het, totdat Christus al is wat jy oor het nie.’ Om jou by ‘n plek van totale afhanklikheid aan Hom te bring, sal God toelaat dat jou ego vermorsel en jou selfgenoegsaamheid weggestroop word. Op daardie punt maak jy ‘n lewensveranderende ontdekking: Wanneer jy niks anders behalwe God oor het nie – God is genoeg!
12 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min