Woord vir Vandag - 14 Feb 2025

Loading player...
“…omdat dit nie my wil is wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.” Johannes 5:30 NLV
Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid (3)
Die derde bousteen wat Jesus se verhouding met sy Vader definieer is gehoorsaamheid. Wanneer jy weet dat jy van God gehoor het, het jy die selfvertroue om enigiets wat die lewe na jou kant toe gooi te hanteer, en om enige opdrag wat Hy vir jou gee, aan te pak. Christus se eerste wonderwerk was om water in wyn by ‘n bruilof in Kana te verander. Daar sal jy ‘n stelling vind wat noodsaaklik is om God se wonderbaarlike krag in jou lewe te ervaar: ‘…Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle noukeurig doen’ (Johannes 2:5 NLV). Dit beteken dat jy gewillig moet wees om God te gehoorsaam wanneer Hy vir jou sê om iets te doen wat nie rasioneel lyk nie, wanneer dit nie populêr is nie, wanneer dit ongerieflik is, wanneer dit jou duur te staan kom en wanneer dit van jou verwag om ‘n onbekende paadjie te loop. Jy sal slegs hierdie vlak van gehoorsaamheid bereik wanneer jy jouself aan ‘n lewe van intimiteit met God en afhanklikheid van God, toegewy het. Intimiteit, afhanklikheid en gehoorsaamheid word nie gekweek wanneer jy probeer om God meer lief te hê nie, maar wanneer jy ‘n openbaring van God se wonderlike, onverdiende, onfeilbare liefde vir jou het: ‘Op hierdie manier het God sy ware liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang. Dít is ware liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem’ (1 Johannes 4:9-10 NLV). Bid dus vir ‘n openbaring van God se groot liefde vir jou.
13 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min