Woord vir Vandag - 16 Feb 2025

Loading player...
“Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.” Galasiërs 3:6 AFR53
Geloof is gelyk aan geregtigheid met God
Ons dink dat Abraham ‘n stralekrans gehad het. Nie so nie. Nie een keer nie, maar twee keer gooi hy sy vrou onder die bus. Soos hulle deur Egipte gereis het, het Abram vir Sarai gesê: ‘Jy is ‘n baie mooi vrou; ek is bang die Egiptenare gaan my doodmaak sodat een van hulle jou as vrou kan vat, so kom ons sê vir hulle jy is my suster’ (sien Genesis 12:11-13). As jy dink dat dit erg is, doen Abraham dieselfde roetine ‘n tweede keer terwyl hy en Sara in die streek van Negev woon (sien Genesis 20). Hoekom gooi God nie tou op met Abraham nie? Want Abraham gooi nie tou op met God nie! Abraham het uiteindelik ‘n plek in sy pad met God bereik waar sy résumé lees: ‘Teen alle verwagtinge in het Abraham geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word op grond van God se belofte: ‘Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel.’ En Abraham se geloof het nie verswak nie, al het hy baie goed besef dat sy eie liggaamlike vermoëns reeds heeltemal gedaan was – hy was al omtrent 100 jaar oud – en dat sy vrou Sara nie meer kinders kon hê nie. Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het. Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het!’ (Romeine 4:18-22 NLV). Let die woorde: ‘sy geloof het sterker geword,’ op. God se plan is nie om jou weg te gooi nie, maar om jou geloof te ontwikkel en jou te gebruik om heerlikheid aan sy Naam te bring.
15 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min