Woord vir Vandag - 18 Feb 2025

Loading player...
“…is aan my ‘n doring in die vlees gegee…” 2 Korintiërs 12:7 NLV
Almal het ‘n doring (1)
Paulus skryf: ‘…Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my te kasty. Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. Hy het egter vir my gesê: ‘My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk… want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk’ (verse 7-10 NLV). Paulus se geloof was so sterk dat wanneer hy gebid het, is die siekes genees en die dooies het opgestaan. Tog het hy herhaaldelik tot God gebid om die doring in sy vlees te verwyder, maar God het nee gesê. Hoekom? Om hom nederig en heeltemal afhanklik van God te hou. Ons weet nie wat die doring in Paulus se vlees was nie, maar ons weet hoekom hy dit gehad het: ‘…sodat ek nie hoogmoedig moet word nie…’ (vers 7 NLV), Wanneer God jou ryklik seën, kom die risiko van trots daarmee saam, wat vir God ‘n diskwalifikasie is. As jy al ooit ‘n splinter in jou vinger gehad het, weet jy dat dit met pyn pols en jou konstant irriteer. Kan jy daarmee lewe? Ja. Sal jy eerder nie wil nie? Ja. Let op wat Paulus sê: ‘‘n doring in die vlees [is aan my] gegee.’ Nie net sien hy sy doring as iets wat sy genade ontwikkel nie, maar as ‘n gawe wat twee dinge doen: 1) Ons keer om hoogmoedig te word en ons meer afhanklik van God maak. 2) Ons meer verdraagsaam en genadig maak, omdat almal ‘n doring het.
17 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min