Woord vir Vandag - 20 Feb 2025

Loading player...
“Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om…” Efesiërs 4:32 NLV
Oefen om goedgesind te wees
In sy topverkoper boek, 7 Habits of Highly Effective People, beskryf Steven Covey ‘n ervaring wat hy op ‘n moltrein in New York gehad het. ‘n Man en sy kinders het op die trein geklim en die kinders was so luidrugtig en rumoerig dat hulle die hele wa ontwrig het. Die man het langs Covey gaan sit, oënskynlik onbewus van die situasie. Covey het uiteindelik vir hom gesê: ‘Meneer, jou kinders pla regtig ‘n hele klomp mense. Kan jy hulle asseblief nie bietjie tot bedaring bring nie?’ Die man het verbaas gelyk. Toe het hy gesê: ‘O, jy is reg. Ek moet seker iets daaraan doen. Ons kom nou net van die hospitaal af waar hulle ma omtrent ‘n uur gelede gesterf het. Ek weet nie wat om te dink nie en ek dink hulle weet ook nie hoe om dit te hanteer nie.’ Covey se houding het onmiddellik verander. Toe hy later daarop terugkyk, het hy erken dat hy ‘n waardevolle les daaruit geleer het: Probeer om te verstaan voordat….0+ jy vereis om verstaan te word. Soms doen die mense wat ons irriteer en seermaak dit omdat hulle self in pyn is. Hulle het kwessies waarvan ons nie weet nie. Dit verg dat jy verder as hulle woorde en aksies moet kyk en hulle harte moet probeer raaksien. Die Bybel spreek dit aan: ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (verse 31-32 NLV. As jy al ooit iesegrimmig teenoor diegene saam met wie jy woon en werk was, is die woord vir jou vandag – oefen om goedgesind te wees.
19 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min