Woord vir Vandag - 21 Feb 2025

Loading player...
“…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag… Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê” Hebreërs 12:1 NLV
Wat weerhou jou daarvan om te wen?
In antieke Griekeland het atlete met gewigte wat aan hulle liggame vasgemaak was, geoefen. Op die dag van die wedloop, het hulle dit egter afgehaal om te wen. Wat weerhou jou daarvan om te hardloop en te wen? 1) Vergelyk jy jouself met ander? Die enigste persoon met wie jy jou moet vergelyk, is met jouself. Jou doelwit is om vandag beter te word as wat jy gister was. Jy doen dit deur op dit wat jy vandag kan doen om te verbeter en te ontwikkel, te konsentreer. As jy dit gereeld doen en as jy die manier waarop jy weke, maande of jare gelede was met hoe jy vandag is vergelyk, behoort jy aansienlik deur jou vordering bemoedig te word. 2) Beperkte visie? As gevolg van die manier waarop hulle grootgemaak is, of sekere foute wat hulle dalk in die lewe gemaak het, glo baie mense dat hulle nie groot dinge kan bereik nie. Die grootste beperking wat mense egter ervaar, is tipies dié wat hulle op hulself plaas. Wat as jy byvoorbeeld ‘n vreemde taal wil leer, maar jy dink dat jy dit nie kan doen nie? Sodra jy daardie foutiewe geloofstelsel ontbloot het, sal jy verstaan hoe beperk jy sal wees indien jy nie die taal aanleer nie. Stel jou dan voor hoe dit sal wees wanneer jy daardie taal aanleer. Hoe sal dit jou laat voel? Wat sal dit jou in staat stel om te doen? Skryf dan ‘n inspirerende stelling wat jou vermoë om die taal aan te leer, ondersteun! Eis die volgende belofte op: ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee’ (Filippense 4:13 NLV). Dit beteken dat jy met God se hulp kan wen.
20 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min