Woord vir Vandag - 22 Feb 2025

Loading player...
“Toe vra die koning: ‘Hoe kan ek jou help?’…” Nehemia 2:4 NLV
Jy moet dit wil hê wat God wil hê
Die herbouing van Jerusalem se mure het met twee vrae van die koning aan Nehemia begin. Die eerste vraag was: ‘…Hoekom lyk jy so hartseer?..’ (vers 2 NLV). Die tweede vraag was: ‘…Hoe kan ek jou help?..’ (vers 4 NLV). Nehemia het geantwoord: ‘…stuur my dan na Juda toe. Ek sal dan gaan na die stad waar my voorouers begrawe lê, en dit herbou’ (vers 5 NLV). Nehemia het presies geweet wat hy wou hê, omdat ‘n passie daarvoor in sy gees verwek is. Hy het reeds vir ‘n paar maande daaraan gedink en daaroor gebid voor die koning vir hom gevra het hoe hy hom kon help. ‘n Pastoor skryf: ‘Min dinge is so wonderbaarlik soos die oomblik van menslike bevrugting. ‘n Spermsel dring ‘n eiersel binne en al die genetiese data wat bepaal wie jy sal word - alles van gesigseienskappe tot persoonlikheidseienskappe - is in daardie enkele sel gekodeer. Die moeder se liggaam begin hormone nog voordat sy weet sy is swanger, produseer. Die baba se hart begin op dag twee-en-twintig klop. Na vier weke het daardie enkele sel tienduisend keer groter geword. Op ongeveer dag twee-en-veertig begin neurone teen die verbysterende tempo van ongeveer tienduisend per sekonde, vermenigvuldig. Alles van die optiese senuwee tot die ouditiewe korteks tot die respiratoriese stelsel word in die baarmoeder gevorm.’ ‘n Godgegewe visie word op dieselfde manier verwek. Dit begin klein en hou aan groei tot die tyd wat dit waar word. Dis hoekom die Bybel sê: ‘…Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word… Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie’ (Habakuk 2:3 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - jy moet wil hê wat God wil hê.
21 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min