Woord vir Vandag - 3 April 2025

Loading player...
Deuteronomium 16:17 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (4)
Wanneer dit by gee kom, is daar twee belangrike lesse wat die Bybel ons oor geld leer: 1) God verwag nie van ons om almal dieselfde bedrag te gee nie. ‘Elkeen moet na sy vermoë gee ooreenkomstig die seën wat hy van die Here
jou God ontvang het’ (vers 17 NLV). Paulus skryf: ‘As die geesdrif daar is en julle gee volgens wat hulle het, is die gawe aanneemlik. Julle hoef nie meer as dit te gee nie’ (2 Korintiërs 8:12 NLV). 2) God sal jou vra om opofferings te maak om sy doelwitte vir sy koninkryk op aarde, te vervul. Om die oordeel van God wat hy oor die volk laat kom het, om te keer, is koning Dawid beveel om ‘…’n altaar vir die Here op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet’ (2 Samuel 24:18 NLV), te gaan bou. Toe Arauna vir Dawid sien aankom, het hy vir hom die land verniet aangebied. Dawid het egter gesê: ‘…’Nee, Arauna, ek dring daarop aan om dit te koop teen die volle prys. Ek kan nie vir die Here my God brandoffers aanbied wat my niks kos nie.’ Dawid het toe die dorsvloer en die osse vir omtrent 600 gram silwer gekoop. Dawid het daar ‘n altaar opgerig tot eer van die Here en brandoffers en maaltydoffers gebring. Daarna het die Here die gebede vir die land verhoor, en die plaag in Israel het opgehou’ (verse 24-25 NLV). God vra ons nie om dieselfde hoeveelheid te gee nie, maar Hy vra ons om dieselfde op te offer. Vir elke opoffering wat God jou vra om vir Hom te maak, wag sy seëninge en sy belonings aan die ander kant daarvan op jou.
2 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min