Woord vir Vandag - 3 Mei 2025

Loading player...
“Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan…” Spreuke 24:16 NLV
Moenie breek nie, bons terug (2)
Hier is nog twee sleutels om te gebruik om terug te bons: 1) In plaas daarvan om te kla oor dit wat jy nie kan verander nie, verander dit wat jy kan. Wanneer jy nie jou situasie kan verander nie, kan jy jou houding daaroor verander. Hoe doen jy dit? Deur jou gedagtes met God se Woord te herprogrammeer. Die Bybel sê: ‘want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof. Wie anders kan dit wees wat die wêreld verower as die een wat bely dat Jesus die Seun van God is?’ (1 Johannes 5:4-5 NLV). 2) In plaas daarvan om oor jou pyn te kla, groei daardeur. Toe die fotograaf Linda Joy Montgomery op die kruin van haar loopbaan verneem dat sy besig is om blind te word, het ‘n innerlike stem gesê: ‘Dit is nie die einde nie; dis die begin.’ Sy het gedigte begin skryf, haar roeping as motiveringspreker ontdek en die True Vision Institute geskep, waar kinders leer om hul innerlike hulpbronne te benut. Om ‘n lewensdoel in jou pyn te vind is nie ‘n nuwe idee nie. Oorlewendes van lewensgevaarlike siektes, natuurrampe, die Holocaust en ouers van chronies siek kinders, demonstreer voortdurend hoe oorwinnaars die spreekwoordelike silwer randjie, deur hulself te herontdek, vind. Om uitdagings te oorkom, help jou om 'n kan-doen-houding te ontwikkel wat sê: ‘Was daar, het dit gedoen en ek sal oorleef.’ Die basketbalster Michael Jordan het gesê: ‘Ek het meer as 9 000 doele in my loopbaan misgegooi; meer as 300 wedstryde verloor; 26 keer het ek die wedstryd se wen-doel geneem en misgegooi. Ek het oor en oor in my lewe gefaal. Daarom kan ek nou oorwin.’ Jy kan dit ook doen.
2 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min