Woord vir Vandag - 5 Mei 2025

Loading player...
“…Jesus [vra] vir Simon Petrus.... ‘het jy My lief..?...” Johannes 21:15 NLV
Pak die meetstok weg!
Reimar Schultze sê: ‘Hoe pligsgetrouer ons is, hoe meer gaan ons bed toe met die gevoel dat ons nie honderd persent gegee het nie. Baie mense trap in die strik om hulself van die Here se vreugde en sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, te beroof. Ons is almal vertroud met die getuienisse van sommige van die grootste manne van God. Baie van hulle het gedink dat hulle nie vir die taak opgewasse was nie.’ Moses het heeltemal onwaardig en nie in staat om Israel uit Egipte te bevry nie, gevoel. Hoe dikwels het God jou nie al geroep nie en dan het jy dieselfde as Moses gesê nie: ‘Maar wie is ek dan…?... Hoe kan U dit van my verwag…?’ (Eksodus 3:11 NLV). Dink jy dat jy meer as die Een wat jou geroep het weet? Elia was so depressief dat hy uitgeroep het: ‘…Ek het nou genoeg gehad, Here… Neem nou maar my lewe…’ (1 Konings 19:4 NLV). Job het sy geboortedag vervloek, maar tog het die Bybel hom as volg beskryf: ‘Hy het onberispelik geleef, ‘n man met integriteit. Hy het God gedien en nie die verkeerde gedoen nie’ (Job 1:1 NLV). Pastoor Schultze gaan voort: ‘Ons sal altyd in die versoeking kom om ons waarde vir God aan ons prestasies te probeer meet. Ek weier egter wanneer ek gaan slaap, om deur ‘n soort kontrolelys oor hoe ek die dag gedoen het, te gaan. Ek sal eerder vir myself die vraag wat Jesus vir Petrus gevra het vra: ‘Het jy My met jou hele hart, siel, verstand en krag lief?’ Dit is die enigste toets wat ek aan die einde van elke dag wil slaag.’ Dis die toets wat die meeste tel!
4 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min