Woord vir Vandag - 8 Mei 2025

Loading player...
“Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede.” Psalm 37:23 NLV
Raadpleeg God oor jou daaglikse doenlysie
Wanneer jy ‘n daaglikse doenlysie wil opstel wat jou vrede en vreugde verseker, moet jy God raadpleeg. Wanneer jy te veel op jouself neem, stel jy jouself vir mislukking – en stres – oop. As jy wys is, sal jy nie meer as een of twee ‘groot’ dinge ‘n dag skeduleer nie. Die lewe verloop nie glad nie, maak nie saak hoe graag jy dit wil laat glad verloop nie. Maak dus tyd vir onderbrekings, verkeersknope, verlore sleutels, mense wat stadig beweeg, ensovoorts. Wees ook versigtig om te veel dinge op dieselfde tyd te probeer doen. Studies het ‘n verband tussen hoë-stres ‘multitasking’ en korttermyn geheueverlies, ontdek. Navorsers het bevind dat ‘multitasking’ jou minder doeltreffend maak, omdat dit die breinkrag wat jy vir elke taak benodig, verminder. Maak dus seker dat jy een taak voltooi voor jy met ‘n volgende een begin. Om produktief te wees, moet jy gefokus wees. Nog ‘n baie belangrike gedagte: Stiltetyd is noodsaaklik vir sukses! Voor Jesus sy dissipels gekies het, die skare gevoed het en die storm laat bedaar het, het Hy tyd geneem om alleen met God in gebed te wees. Ons doen dit nie altyd nie – en ons resultate wys dit! Ons kies die verkeerde mense, het nie die nodige hulpbronne om aan die behoefte te voldoen nie en word deur die storms van die lewe oorweldig. Die wonderlike ding van gebed is dat jy dit enige plek kan doen – in die verkeer, in die ry by die winkel, wanneer jy middagete geniet, of wanneer jy jou oë in die oggende oopmaak. Aangesien die Here die rigting van jou lewe bepaal, moet jy begin om Hom meer daarby te betrek.
7 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min