Woord vir Vandag - 9 Mei 2025

Loading player...
“God het die mense geskep na sy beeld… God het hulle geseën deur te sê: ‘Wees vrugbaar…’” Genesis 1:27-28 NLV
Dra geestelike vrugte
Een pastoor skryf: ‘Toe God die mens geskep het, het Hy hulle na sy beeld gemaak. Dit was God se oorspronklike plan en dit het nie verander nie. Hy wil ons soos Homself – goddelik – maak. Hy doen dit deur aan ons karakter deur sy Woord, sy Heilige Gees en deur omstandighede, te werk. Die Griekse woord vir ‘karakter’ beteken: ‘getoets en betroubaar gevind.’ Dit laat mens dink aan die werk van ‘n ystersmid, wat metaal deur vuur laat gaan en dan in iets vorm wat die toets van tyd deurstaan.’ Een van die eerste dinge wat God vir die mens gesê het was: ‘Wees vrugbaar.’ Jesus verduidelik vir ons hoe om dit te doen: ‘…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte…’ (Johannes 15:5 NLV). Vrugte neem egter tyd om ryp te word. Wanneer jy die proses probeer aanjaag, proe dit nie so lekker nie. Het jy al ooit tamaties wat met gas behandel is, geproe? Jy koop dit by die kruidenierswinkel. Indien boere ryp tamaties pluk en dit verskeep, sou die tamaties stukkend by die mark uitkom. Dus pluk hulle die groen tamaties en spuit hulle met etileengas voor hulle mark toe gaan. Die etileengas maak dan die groen tamaties vinnig ryp en rooi. Daar is niks fout met daardie tamaties nie, maar as jy al ooit ‘n plaas-ryp tamatie geproe het, weet jy dat daar geen vergelyking is nie. Soortgelyk neem dit tyd vir geestelike vrugte om in jou lewe te groei. Jy kan nie ‘n blitskursus volg en met geestelike volwassenheid wegstap nie. Dit verg ‘n leeftyd van wandeling met God, vertroue in Hom, om by Hom te leer en Hom met jou hele hart lief te hê. God wil die vrug van die Gees in jou lewe voortbring, werk dus saam met Hom.
8 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min