Woord vir Vandag - 11 Mei 2025

Loading player...
“Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies...” Spreuke 22:6 NLV
Gebore om te glo (1)
Om jou kind op te voed is beide uitdagend en lonend. Deur hulle onderliggende geloofsisteem te vorm, help jy hul ontwikkelende brein om permanente neurale weë te vestig wat hul morele en geestelike groei sal lei. Die neurowetenskaplikes, Andrew Newberg en Mark Robert Waldman, skrywers van die boek Born to Believe, sê vir ons dat die belangrikste jare die ouderdom van sewe tot tien is. Dit is wanneer jou kind die grootste geneigdheid het om die konsep van ‘n God wat hulle nie kan sien, voel of hoor nie, te verstaan. Wat 'n ideale geleentheid! Newberg en Waldman stel ook voor dat ons effektiefste instrument om ons kinders se geloof op hierdie stadium te bou storievertelling is, nie preke of moralisering nie. Verhale wat goddelike beginsels, morele gedrag, moed, geloof, liefde, deernis en vergifnis insluit, word maklik verteerbare bestanddele vir die bou van ‘n Christelike karakter. Storievertelling is hoe God die Israeliete opdrag gegee het om hulle kinders in sy weë en Woord te leer. Verhale van Adam en Eva, Noag, Daniël, Ester, Simson, Rut en Dawid; van Christus se geboorte, lewe, dood en opstanding; van Jesus wat op die see loop, die dooies opwek en die vyfduisend voed, roer die harte, belangstelling en verbeelding van jong kinders en veroorsaak blywende, lewensveranderende beginsels! Trouens, studies toon dat die geloofstelsels van volwassenes kragtig deur stories wat hulle gehoor het toe hulle grootgeword het, beïnvloed word. Vertel vir jou kinders stories wat hul karakter sal bou en die basis vir ‘n leeftyd van geloof sal word. As ouer is dit jou taak om hul ontwikkelende brein aan te moedig en te stimuleer tot goddelike oortuigings, besluite en lewenstyl!
10 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min