Woord vir Vandag - 15 Mei 2025

Loading player...
“…Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!..” Lukas 23:34
Vergewe hulle en wis dit dan uit
Sommige gemeenskappe in die geskiedenis het diegene wat egbreuk gepleeg het, gestraf deur hulle ‘n groot bloedrooi letter A te laat dra wat hulle in die openbaar as egbrekers geïdentifiseer het. As jy betrap is dat jy gesteel het, het hulle jou ‘n bal en ketting laat rondsleep. Miskien dink jy: ‘Wel, hulle het dit verdien.’ Regtig? Jesus het gesê as jy bloot wellustig na iemand kyk, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg (sien Matteus 5:28). Hy het ook verder gesê dat die manier waarop jy ander mense oordeel, dieselfde manier is waarvolgens jy geoordeel sal word (sien Matteus 7:1-2). Let twee dinge op: 1) God sal nie jou sonde net oorsien nie. ‘Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is…’ (Hebreërs 12:6 NLV). 2) Hy sal nie sy rug op jou draai nie. Niks kan ons van God se liefde skei nie (sien Romeine 8:38-39). Wanneer iemand jou dus seermaak, sê God dat ons hulle moet vergewe en dit dan moet uitwis! Indien ons dit nie doen nie, sal dit aanhou om die manier wat ons dink, optree en praat, te beïnvloed. Dit sal ons ook aan ou, pynlike herinneringe vasgebind hou. Om iemand te vergewe begin deur vir hulle te bid. Jy sê: ‘Maar ek het nodig om te verstaan hoekom hulle dit gedoen het.’ Wyse mense doen dwase dinge, goeie mense doen slegte dinge en misleide mense weet nie wat hulle doen nie. Jesus het vir die mense wat Hom gekruisig het, gebid: ‘Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!’ Eendag mag jy dalk dit wat jou oortreder gemotiveer het, verstaan. Selfs al verstaan jy dit egter nie, moet jy hulle vergewe en dit uitwis.
14 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min