Woord vir Vandag - 21 Mei 2025

Loading player...
“Ek het U op aarde verheerlik…” Johannes 17:4 NLV
Leer om nee te sê
Om ja vir die wil van God te sê, moet jy leer om nee vir ander dinge te sê. Sommige mense gaan nie daarvan hou nie, veral as hulle gewoond is om hulle sin te kry. Mense sal eise op grond van hul behoeftes aan jou stel en onbewus wees of nie omgee oor jou behoeftes nie. Jy het dus ‘n keuse: Word deur God, of word deur ander mense, gelei. Niemand was besiger of het ‘n groter opdrag as Jesus gehad nie. Tog lees ons: ‘en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: ‘Almal vra na U.’ Jesus het egter geantwoord: ‘Ons moet ook nog verder gaan na die omliggende dorpe sodat Ek ook daar kan preek. Dit is immers waarvoor Ek gekom het’ (Markus 1:37-38 NLV). Het Jesus nee gesê om aan onvervulde behoeftes te voldoen? Ja, Hy het geweet wat sy prioriteite was en Hy het daarop gefokus gebly. Op hierdie manier was Hy in staat om aan die einde van sy lewe aan sy hemelse Vader te sê: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). As jy dit moeilik vind om nee te sê, stop en verbeel jouself wat gaan gebeur wanneer jy nee sê. Die enigste manier om jou vrees of onsekerheid in hierdie area te oorkom, is om klein risiko’s te begin neem totdat jy uiteindelik gemaklik is om ‘n ferm nee te gee. Wanneer ‘n persoon deur roekelose besteding skuld aangaan, doen jy hulle nie ‘n guns deur hulle uit die put van skuld te red nie. Hulle leer dan nie hulle les nie en sal dit weer doen! Deur ja te sê vir iemand wat weier om ‘n nuwe vaardigheidstel waartoe hulle in staat is, aan te leer, bevorder jy ‘aangeleerde hulpeloosheid.’ Leer dus om nee te sê.
20 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min