Woord vir Vandag - 22 Mei 2025

Loading player...
“Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.” Filippense 2:4 NLV
Jy kan leer om lief te hê
Jy kan leer om lief te hê deur liefdevolle gedagtes te dink. Jy doen dit deur op iemand anders se behoeftes, pyne, moelikhede, doelwitte en begeertes, eerder as jou eie, te fokus. Daar is ‘n ou gesegde wat lui: ‘Dis makliker om iemand te verstaan wanneer jy ‘n myl in sy skoene geloop het.’ Mense wat seer het, is geneig om ander mense seer te maak. Hoe kan jy hulle liefhê? Deur verby hulle foute te kyk en hulle behoeftes raak te sien. Die mense vir wie dit die moeilikste is om lief te wees, is dikwels die mense wat liefde die meeste nodig het. Die mense wat sal verkies dat jy hulle ignoreer, is die einste mense wat groot dosisse liefde nodig het. As ‘n persoon nie liefde kan kry nie, sal hulle aandag soek. As hulle nie positiewe aandag kan kry nie, sal hulle werk daarvan maak om negatiewe aandag aan te trek. Hulle sê in werklikheid: ‘Ek sal op een of ander manier raakgesien word.’ Maak liefde die meester van jou wil, nie die slaaf van jou emosies nie. Ons kan nie ons gevoelens verander nie, maar ons kan ons gedagtes verander. Wanneer ons die manier waarop ons aan iemand dink verander, sal ons stadig maar seker ons gevoelens oor hulle verander. Wanneer jy eerder oor ‘n persoon se behoeftes as hul foute begin dink, sal dit die manier wat jy oor hulle voel, verander. Jy vra: ‘Sal dit nie skynheilig wees indien ek liefdevol teenoor iemand optree van wie ek nie eens hou nie?’ Nee, dit word liefde deur geloof genoem. Wanneer jy deur geloof liefhet, spoor jou optrede jou aan om die regte manier teenoor daardie persoon te voel. Probeer dit en vind vir jouself uit of dit werk!
21 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min