Woord vir Vandag - 23 Mei 2025

Loading player...
“…Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê.” Lukas 6:45 NLV
Stem altyd met God se Woord ooreen
Dink jy aan jouself as iemand wat geloof in God het? Reflekteer jou gedagtes en woorde dit? Ons kan onsself mislei deur te dink dat ons groot geloof het, maar wanneer uitdagings ons maklik verslaan, is ons geloof dalk nie so groot soos wat ons dink nie. Jesus het gesê: ‘…Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê.’ Jy kan baie van jouself leer deur te luister na dit wat jy sê. Wys jou gedagtes en woorde jou afhanklikheid van God; dat sy vermoë, nie joune nie, jou in staat stel om te doen wat nodig is? Om jou woorde reg te kry, moet jy jou hart regkry. Om dit te doen, moet jy jou gedagtes in lyn met God se Woord bring. Dit beteken dat jy gewillig moet wees om enigiets wat Hy jou wil wys in die gesig te staar en Hom te vra om jou te verander. As jy op jou eie krag vertrou, begin eerder om op God te vertrou. As jy probeer om dinge deur jou eie vermoë aan te pak en geïrriteerd raak, vra God dat Hy deur jou moet werk en sy bekwaamheid moet toelaat om joune te wees. Paulus skryf: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV). Jou woorde dra krag, moet dus nie laat hulle jou belemmer nie. Staan eerder op die volgende Skrifgedeelte: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). Wanneer jy praat, stem altyd met God se Woord ooreen.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min