Woord vir Vandag - 25 Mei 2025

Loading player...
“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.” 1 Korintiërs 13:7 NLV
Moenie toelaat dat ‘n muur tussen julle gebou word nie
’n Onbekende skrywer het hierdie aangrypende woorde geskryf: ‘Hul troufoto het hulle van die rak af gespot, hierdie twee wie se gedagtes mekaar nie meer aangeraak het nie. Hulle het met so ‘n swaar versperring tussen hulle begin leef dat nie ‘n ensiklopedie van woorde of ‘n artillerie van aanraking dit kon afbreek nie. Iewers, tussen die oudste kind se eerste tand en die jongste dogter se gradeplegtigheid, het hulle mekaar verloor. Deur die jare het elkeen stadig daardie deurmekaar bol tou genaamd, self, ontrafel, en terwyl hulle aan hardnekkige knope geruk het, het elkeen sy soektog vir die ander verberg. Soms het sy snags gehuil en die fluisterende donkerte gesmeek om vir haar te sê wie sy is. Hy het langs haar gelê en snork soos ‘n beer wat hiberneer, onbewus van haar winter. Sy het ‘n kursus oor moderne kuns geneem, probeer om haarself in kleure wat op ‘n doek gespat is te vind en by die ander vroue oor mans wat onsensitief is, gekla. Hy het in ‘n graf genaamd ‘Die Kantoor’ geklim, sy gedagtes in ‘n kleed van syfers op papiere toegedraai en homself in kliënte begrawe. Stadig het die muur tussen hulle verrys, gebou deur die sement van onverskilligheid. Op ‘n dag, terwyl hulle na mekaar uitreik, het hulle ‘n versperring gevind wat hulle nie kon binnedring nie. Hulle het teruggedeins van die klip se koue en elkeen het van die vreemdeling aan die ander kant teruggetrek. Wanneer liefde sterf, is dit nie in ‘n oomblik van woedende baklei of wanneer vurige lywe hul hitte verloor nie. Dit lê hygend, uitgeput, vasgeval aan die onderkant van ’n muur waaroor dit nie kon kom nie.’ Die woord is dus vandag vir jou: moenie toelaat dat ‘n muur tussen julle gebou word nie.
24 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min