Woord vir Vandag - 26 Mei 2025

Loading player...
“…Dit is juis daardie Skrifte wat oor My getuig.” Johannes 5:39 NLV
Om deur God gebruik te word
Om deur God gebruik te kan word, moet jy twee dinge weet: 1) Wie God is. ‘n Sondagskoolonderwyser het vir ‘n klein dogtertjie gevra wat sy teken. Sy het geantwoord: ‘’n Prentjie van God!’ Die onderwyser het gesê: ‘Maar niemand het Hom al ooit gesien nie.’ Vol selfvertroue het sy geantwoord: ‘Hulle sal wanneer my prentjie klaar is!’ Die enigste God wat sommige mense ooit sal sien, is die God wat hulle elke dag in jou sien. Om God te ken, moet jy tyd saam met Hom deurbring. 2) Wie jy is. Toe God vir Moses geroep het om Israel uit Egipte te red, het hy twee dinge vir God gevra: a) ‘…’As ek by die volk van Israel kom en vir hulle sê: ‘Die God van julle voorouers het my na julle toe gestuur,’ sal hulle my nie glo nie. Hulle sal vra: ‘En wie is Hy?’ Wat moet ek dan vir hulle sê?’ God het hom geantwoord: ‘…Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is het my na julle toe gestuur’’ (Eksodus 3:13-14 NLV). Om te weet wie jy is, moet jy eers weet wie God is – dan sal jy geloofwaardigheid hê. b) ‘…’Hulle sal my nooit glo nie! Hulle sal nie doen wat ek vir hulle sê nie…’ Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’ ‘’n Herderstok,’ antwoord Moses. ‘Gooi dit op die grond neer,’ het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ‘n slang geword… ‘Hulle sal hierdie teken glo,’ het die Here vir hom gesê. ‘Dit sal hulle oortuig dat jy die Here… ontmoet het’’ (Eksodus 4:1-3, 5 NLV). Moses het reeds alles gehad wat hy nodig sou hê! Jy het ook. Om deur God gebruik te kan word, moet jy weet wie Hy is en wie jy is.
25 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min