Woord vir Vandag - 29 Mei 2025

Loading player...
“Hulle wat met trane die saadsak dra, sal sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.” Psalm 126:6 NLV
‘n Bediening van trane
As jy maklik huil, kan dit wees dat God vir jou ‘n bediening van trane gegee het. Wat is dit? Die skrywer Liz Curtis Higgs verduidelik: ‘Ek huil maklik en dikwels. Gelukkige trane, hartseer trane, trane oor ‘n advertensie – enige plek en enige tyd. Ek huil by die kerk. Wanneer ek ‘n wonderlike waarheid of ‘n heerlike lied wat in lofprysing opgehef word hoor, wanneer ek ‘n nuwe gelowige na vore sien kom of ‘n ou gelowige die Skrif sien lees, word ek so deur God se teenwoordigheid oorweldig dat trane oor my wange stroom. Ek het al daarmee vrede gemaak, maar baie vroue skaam hulle oor hul huilerigheid. ‘n Dierbare vrou in Missouri het gedink dat haar trane ‘n struikelblok is om God te dien. Sy het verduidelik: ’Ek wil mense wat seer het help, maar sodra ek hulle stories hoor, begin ek huil.’ Ek het haar 'n groot drukkie gegee en gesê: ‘Jy het 'n bediening van trane! Die Bybel sê: ‘…As hulle hartseer is, deel dit met hulle’ (Romeine 12:15 NLV), en ‘…om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het’ (2 Korintiërs 1:4 NLV). Jou trane maak nie seer nie, dit help!’ God kan enigiets wat ons aan Hom oorgee, gebruik. Lag en trane. Vreugde en hartseer. Oorwinnings en foute. Sterkpunte en swakpunte. Ons dien ander die beste wanneer ons ons ware self aanbied. Wanneer ons nie wag totdat ons op die regte plek is of ons trane opgedroog het nie, maar in die oomblik, trane en al.’ Eendag gaan God ‘…elke traan van [ons] oë afvee…’ (Openbaring 21:4 NLV). Tot dan, is ons trane egter so kosbaar vir Hom dat Hy dit, soos duur wyn en kosbare parfum, in ‘n bottel bewaar (sien Psalm 56:9).
28 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min