Woord vir Vandag - 1 Junie 2025

Loading player...
“Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte…” 2 Korintiërs 4:7 NLV
Jy is die kleipot, nie die skat nie
Maak seker om onderskeid tussen die ‘breekbare kleipot’ en die ‘skat’ te tref. Paulus sê: ‘Ons het hierdie skat,’ hy sê nie: ‘Ons is hierdie skat,’ nie! Elke keer wanneer jy mense toelaat om aan jou as die skat te dink, is God nie tevrede nie en stel jy jouself vir mislukking bloot. Wanneer God ‘n skat in jou deponeer, beteken dit twee dinge: (1) Hy verwag ‘n opbrengs op sy belegging. (2) Jy word tot ‘n hoër vlak van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid geroep. Soms dink mense leiers is immuun teen die lewe se toetse en beproewings. Dis nie so nie! Net omdat iemand talent het, beteken nie dat hulle nie op sekere gebiede sukkel nie. Hulle stryd is dalk onsigbaar, maar hulle sukkel steeds. God gebruik ook mense wat ons sou afgekeur en weggegooi het, soos Ragab wat as ‘n prostituut in Jerigo gewerk het. Toe sy haar geloof egter in God plaas, het Hy haar gebruik om die slag van Jerigo te help wen. Hy het haar ook toe in die familielyn van Christus ingesluit (sien Hebreërs 11:31). Wat van Jefta? Sy ma was ongetroud, hy is deur sy halfbroers en -susters as buite-egtelik verwerp en het uiteindelik saam met ‘n bende in ‘n grot gewoon. Tog het God hom gebruik om Israel te verlos en een van sy jongste leiers te word (sien Hebreërs 11:32). God spesialiseer daarin om gebroke kleipotte te herstel. Hy neem dinge wat nie produktief is nie – huwelike wat nie werk nie, mense met probleme – en leer hulle hoe om oorwinnend en vrugbaar in sy diens te staan. Hierdie wete gee jou die krag en volharding om enigiets teen te staan, want jy verstaan dat wanneer God sy skat in jou plaas, Hy dit sal beskerm, gebruik en seën.
31 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min