Woord vir Vandag - 2 Junie 2025

Loading player...
“…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.” 1 Samuel 16:7 NLV
Wees opreg
Jesus was veroordelend oor die Fariseërs: ‘So lyk julle ook van buite vir die mense baie vroom, maar van binne is julle vol skynheiligheid en minagting van die wet’ (Matteus 23:28 NLV). Hulle het ‘n goeie front voorgehou, maar was heeltemal van genade, barmhartigheid en medelye ontbloot. Jesus het hulle daaroor aangespreek! Omdat ons in ‘n samelewing wat op voorkoms gefokus is leef, waarsku Jesus ons oor die gevare wat voortspruit wanneer ons op die uiterlike lewe, ten koste van die ontwikkeling van die innerlike lewe, fokus. Hoe kan ons keer dat dit gebeur? 1) Volg Jesus se voorbeeld. Hy het sy lewe gewy om diegene wat verlore, vergete en eensaam was, te bedien. 2) Hou in gedagte dat selfs wanneer jy ‘n Christen is, jy in sekere areas sal sukkel, moet dus nie voorgee dat jy alles onder beheer het nie. 3) Vra God om gedragspatrone wat om voorkoms, eerder as die hart wentel, te verander. 4) Omring jouself met mense wat jou aanmoedig om opreg te wees en jou korrigeer wanneer jy dit nodig het. Marybeth Whalen skryf: ‘Die verwers het die muur by die trap wat na onder lei, wit geverf. Ons gewoontes het egter nie verander nie. Die kinders het steeds hul vuil hande oor die muur gesleep en die skoon wit muur, vuil en grys gemaak. As ek nie versigtig is nie, kan ek soos daardie muur dinge onder ‘n laag verf probeer wegsteek. Ek kan my Bybel onder die arm dra, glimlag asof alles wonderlik is en oor my wandel met die Here spog. Sodra die lewe egter deurmekaar raak, wag die lelike gewoontes binne-in my om uit te kom. Ek kan dan soos ‘n hedendaagse Fariseër begin fokus op die wit muur en die vuiligheid daaronder ignoreer.’ Wees dus opreg.
1 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min