Woord vir Vandag - 5 Junie 2025

Loading player...
“As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs…” Psalm 127:1 NLV
Moenie voor God uit beweeg nie
Een Bybelonderwyser skryf: ‘Satan gee nie om wanneer ons bou nie, solank as wat hy die hoofkontrakteur is. Hy sal seker maak dat ons God se naam aan ons drome heg en wanneer dit misluk, lyk dis asof Hy misluk het. Romeine 8:14 sê: ‘Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders’ (NLV). Dis belangrik om God se plan te ken, sowel as die wanneer, waar en deur wie Hy dit wil bereik. Dis maklik om in die bediening besig te raak en voor Hom uit te beweeg. Die sleutel is om in konstante kommunikasie te bly en Hom toe te laat om jou stap vir stap te lei, sodat alles in plek vir ‘n suksesvolle uitkoms is. Soos in die weermag, mag die troepe dalk oor die sending ingelig word, maar hulle moet vir hul bevelvoerder wag om hulle te beveel hoe en waar hulle hul opdrag moet uitvoer. ‘n Soldaat woon nie een inligtingsessie by en hardloop dan weg en voer die plan alleen uit nie. Hy bly in kontak met sy bevelvoerder, wat die sending koördineer en hom en sy medesoldate na oorwinning lei. Dit is noodsaaklik om in kontak met die hoofkwartier te bly sodat jy die meesterplan ken, op koers bly en oorwinning behaal.’ As jy geneig is om dinge alleen aan te pak, maak die volgende jou gebed: ‘God, dit is dwaas om voor U te probeer uitbeweeg, maar dit gebeur so maklik. Wys my hoe ek meer tyd saam met U kan bestee en meer sensitief vir U stem kan word. Ek wil nie verniet bou nie. Ek wil hê dat my bediening ‘n verlengstuk van U moet wees, sodat U die eer kry.’
4 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min