Woord vir Vandag - 9 Junie 2025

Loading player...
“…Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” 2 Korintiërs 10:5 NLV
Stel gebedslokvalle
Wanneer ons die vers: ‘…Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak’ lees, is ons geneig om te dink dat ons sondige gedagtes gevange moet neem en hulle uit ons gedagtes moet kry. Dit ís wat ons moet doen. Ons moet egter ook kreatiewe gedagtes gevange neem en hulle in ons gedagtes hou. Hierdie vers beteken ook om elke woord, elke gedagte, elke indruk en elke openbaring wat deur God se Gees geïnspireer is, gevange te neem. Een pastoor skryf: ‘Die Aramese woord vir ‘gebed’ beteken ‘om ‘n lokval te stel.’ Ons dink dikwels aan gebed as slegs woorde wat tot God gespreek word, maar miskien is dit meer as dit. Gebed is ook wanneer God met ons deur drome, begeertes, aansporings, indrukke en idees, praat. Gebed is die meganisme waardeur God se idees bedink en vasgelê word. Dit is ons kapasiteit vir gebed wat uiteindelik ons kreatiewe potensiaal sal bepaal. Een manier om gebedslokvalle te stel, is deur ‘n gebedsjoernaal te hou.’ Jou joernaal vang jou reis vas. Dit wys jou hoe ver jy gekom het en hoe ver jy nog moet gaan. Dit herinner jou aan God se genade toe jy gestruikel het en sy getrouheid wat jou na die regte pad teruggebring het. Wanneer jy ‘n gebedslokval stel, vang jy elke ervaring vas en wring die wysheid daaruit om beter en sterker te word. Jy moet ‘…my antwoord, die visioen, in groot duidelike letters…’ (Habakuk 2:2 NLV), neerskryf. Sommige van ons doen dit digitaal, ander weer met pen en papier. Wat egter saak maak, is dat jy opteken wat God in jou kop, in jou hart en in jou lewe doen.
8 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min