Woord vir Vandag - 10 Junie 2025

Loading player...
“…Dit is nie reg dat ons ons opdrag om die Woord van God uit te dra afskeep [nie]…” Handelinge 6:2 DB
Leer om te delegeer
Die Nuwe Testamentiese kerk het so vinnig gegroei dat die apostels oorweldig geraak het met die uitdaging om dit te bestuur. Wat het hulle dus gedoen? ‘Toe die twaalf apostels daarvan te hore kom, het hulle ’n gemeentevergadering belê. ‘’Dit is nie reg dat ons ons opdrag om die Woord van God uit te dra afskeep om vir die armes kos te gee nie,’ het hulle vir die gelowiges gesê. ‘Ons het nou die volgende plan: kies sewe mans uit julle geledere om hierdie werk by ons oor te neem… Hulle moet ook verstandig wees en vol van die krag van die Heilige Gees. Dan kan ons voortgaan met ons taak om te bid en om die Woord van God bekend te maak’’ (verse 2-4 DB). Wat was die resultaat? ‘Die woord van God het verder versprei, en die aantal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem…’ (vers 7 NLV). Jy kan jou lewenskwaliteit verbeter deur te leer hoe om te delegeer. Hier is hoe jy dit doen: 1) Begin met ‘n taak wat jy tans verrig wat aan iemand anders oorgedra kan word. 2) Identifiseer ‘n persoon met die vermoë (nie net die gewilligheid nie) om dit te doen. 3) Neem tyd om die stappe neer te skryf en dit saam met die persoon deur te gaan. 4) Verduidelik waarom die taak noodsaaklik is en hoe dit in die groter prentjie inpas. 5) As die taak tydsensitief is, stel duidelike sperdatums vas. (6) Stel jou verwagtinge duidelik. (7) Evalueer die persoon se vordering op ‘n deurlopende basis totdat jy seker is dat hulle die werk sonder jou betrokkenheid kan hanteer. Help hulle vir ‘n rukkie en volg gereeld by hulle op om seker te maak hulle doen die werk reg. Dis hoe jy leer om te delegeer.
9 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min