Woord vir Vandag - 12 Junie 2025

Loading player...
“Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou…” Filippense 3:8 NLV
Wees gewillig om te verander (2)
Jy moet gewillig wees om die prys vir verandering te betaal. Die dramaturg en draaiboekskrywer Sidney Howard het opgemerk: ‘Die helfte van om te weet wat jy wil hê, is om te weet wat jy moet prysgee voordat jy dit kan kry.’ Verandering het altyd ‘n prys, nie noodwendig altyd in geld nie, maar ook in tyd, kreatiwiteit en energie. As dit nie iets kos nie, is die kanse goed dat dit nie ware verandering is nie! Soos jy oorweeg om die verandering wat in jou lewe nodig is om te verbeter en te groei te maak, is dit belangrik om ook die koste van verandering met die koste van om dieselfde te bly, te vergelyk. Dit beteken dat jy jou huiswerk moet doen. Verandering bring groei mee. Dit kan egter ook hartseer meebring, veral wanneer jy sommige dinge moet laat gaan om sodoende ander te kan omhels. Wat gaan die veranderinge wat jy begeer werklik kos? Paulus het geskryf: ‘Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou. Ter wille van Hom het ek alles as verlies afgeskryf. Ek beskou dit as gemors sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees… Op hierdie manier kan ek Christus persoonlik ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef! Nie dat ek alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!’ (verse 8-12 NLV). Die vraag is: Hoe graag wil jy verander – en is jy gewillig om die prys te betaal?
11 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min