Woord vir Vandag - 13 Junie 2025

Loading player...
“Deursoek my, o God, en ken my hart…” Psalm 139:23 NLV
Wees gewillig om te verander (3)
Verandering moet eers binne-in jou plaasvindr, voor dit rondom jou kan plaasvind. In ‘n ou Peanuts strokiesprent, sê Lucy vir Charlie Brown dat sy graag die wêreld sal wil verander. Charlie vra haar: ‘Waar sal jy begin?’ Lucy antwoord op haar tipiese manier: ‘Ek sal by jou begin.’ Dink daaroor: Wanneer ons huweliksprobleme het, bid ons soms: ‘Here, help my eggenoot om te verander!’ Miskien sal dinge egter verbeter wanneer jy gewillig is om te bid: ‘Here, help my om te verander!’ Die Bybel sê: ‘…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie… Inteendeel, jou antwoord moet ‘n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën’ (1 Petrus 3:8-9 NLV). Wanneer ons nie van iets hou nie, wil ons hê dat almal – behalwe ons – moet verander! Die waarheid is dat ons weerstandig teen verandering is. Die skrywer Frances Hodgson Burnett stel dit as volg in haar boek, The Secret Garden: ‘Mense weier eers om te glo dat ‘n vreemde nuwe ding gedoen kan word, dan begin hulle hoop dat dit gedoen kan word, dan sien hulle dit kan gedoen word. Dan is dit gedoen en die hele wêreld wonder hoekom dit nie eeue gelede gedoen is nie.’ Om jou wêreld te verander, moet jy eers jouself verander. Die Psalmdigter het gebid: ‘Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my onrustige gemoed. Kyk of daar enige gebrek by my is, en lei my op die ewige pad’ (Psalm 139:23-24 NLV). Soos jy ten goede begin verander, sal ander mense dit opmerk en dienooreenkomstig begin reageer. Maak die volgende dus vandag jou gebed: ‘Here, laat die verandering wat ek begeer in my begin!’
12 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min