Woord vir Vandag - 20 Junie 2025

Loading player...
“...As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun.” Lukas 22:32 NLV
God gebruik beskadigde mense
Mense word te dikwels onderwaardeer of geïgnoreer as gevolg van wat hulle in die lewe deurgemaak het. Soms is dit as gevolg van wat hulle aan ander gedoen het, soms is dit as gevolg van wat ander aan hulle gedoen het. As jy al ooit by ‘n pandjieswinkel was, weet jy dat daar waardevolle items teen groot afslagpryse is; jy moet net weet waarna jy soek. Jesus weet waarna Hy soek. Petrus se hartseer omdat hy Jesus verloën het, het hom so diep getref dat hy besluit het om na sy ou werk as visserman terug te keer. Kan jy jou die skinderstories by die hawe voorstel? ‘Dis die ou wat sy rug op Jesus gedraai het.’ As Petrus ‘n leraar was, sou ons sy bedanking geëis het. Tog was hy die eerste persoon wat Jesus na die opstanding opgesoek het. Toe Jesus vir Petrus sien, het Hy nie een keer van Petrus se misstap melding gemaak nie. Drie keer het Hy egter vir Petrus gevra: ‘Het jy My lief?’ Toe Petrus drie keer instemmend geantwoord het, het Jesus vir hom gesê: ‘Wees ‘n herder van my skape.’ Dit het na Petrus se toekoms as pastoor en hoof van die kerk verwys (sien Johannes 21:15-17). Jesus het verby Petrus se verlede gekyk en sy toekoms gesien. Petrus se mislukking was nie ‘n verrassing nie. Jesus het vir hom gesê: ‘...As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun.’ Petrus se swakheid wat hy oorkom het en die herstellende genade wat hy ervaar het, het sy grootste onderriginstrumente om ander te help, geword. Ja, God sal jou teregwys, maar dit is om jou te herstel en jou vir sy doeleindes te gebruik.
19 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min