Woord vir Vandag - 21 Junie 2025

Loading player...
“maar ook om ons ontwil aan wie dit [geregtigheid] toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het” Romeine 4:24 AFR53
Verstaan die woord ‘toegereken’
Stel ‘n oordrag van fondse van een rekening na ‘n ander voor. Banke doen dit elke dag. Stel jou nou voor dat jy bankrot is en nie in staat is om jou skuld te betaal nie. Dan, in ‘n verstommende daad van genade, betaal iemand jou skuld af en betaal soveel geld in jou rekening oor dat jy vir die res van jou lewe nooit weer hoef te werk of bekommerd te wees nie. Dis wat by die kruis gebeur het toe God al jou sondes, van die wieg af tot by die graf, aan Jesus toegereken het en al sy geregtigheid aan jou toegereken het. Dis verstommend, nie waar nie? Sal jy sê: ‘Nee dankie, ek glo daarin om op my eie manier te betaal’? Sou jy sê: ‘Ek kan U nie toelaat om alles te doen terwyl ek niks doen nie, so ek sal vir die res van my lewe werk om te bewys dat ek U liefde en genade waardig is’? Die geregtigheid wat nodig is om in die hemel te kom, gaan nie daaroor om op die regte manier op te tree nie, maar om op die regte manier te glo. Jy sê: ‘Maar ek voel so skuldig wanneer ek sondig.’ Jy is veronderstel om so te voel! Jou nuwe natuur reageer op sonde net soos jou liggaam op voedselvergiftiging reageer. Jou grense is oortree en jou wedergebore gees sê dat jy dit nie meer kan doen nie; dit is nie wie jy is nie! Waarom het God die verlossingsplan so gereël? Want enige geregtigheid wat ons kan bereik, skiet ver aan sy standaarde tekort. Jou belonings in die hemel is op jou optrede gebaseer, maar om in die hemel te kom is alleenlik op vertroue in Christus gebaseer.
20 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min