Woord vir Vandag - 23 Junie 2025

Loading player...
“Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.” Johannes 15:11 NLV
Moenie uitbrand nie (2)
Om te voorkom dat jy uitbrand, moet jy die volgende doen: 1) Sluit by ‘n ondersteuningsgroep aan. Vra jouself af wie die rol van ‘n Paulus teenoor jou as ‘n Timoteus vervul? Wie leer jou om te bid soos Jesus en Johannes die Doper hulle dissipels geleer het? Met wie kan jy jou stryd deel? Die Bybel sê: ‘Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar’ (Spreuke 27:17 NLV). Bedieningmaats verstaan jou fisiese, emosionele en geestelike behoeftes en kan nuwe, verfrissende geestelike praktyke voorstel. (2) Gebruik twee letters van die alfabet – NEE - sonder om verskoning daarvoor te maak. Ken jou gawes en jou beperkings. Staar jou vrese in die gesig; moenie hulle vermy deur hulle te begrawe en voor te gee dat hulle nie bestaan nie. Bowenal moet jy probeer om te verhoed dat jy in ‘n toestand van hulpeloosheid verval. Neem tyd om voordelige hanteringstrategieë te ontwikkel. Moenie gewone gebeure as katastrofes sien nie. Moenie by ‘n standpunt hou net omdat jy dit nog altyd gehad het nie. 3) Besef dat dit nie verkeerd is om pret te hê nie. Jou liggaam sal jou nie toelaat om te lag en terselfdertyd ‘n maagsweer te ontwikkel nie - en dis ‘n goeie ding! Jesus het gesê: ‘Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.’ Hy het ook gesê: ‘…As julle nie… soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie’ (Mattteus 18:3 NLV). Kinders probeer nie die wêreld eiehandig bestuur of raak obsessief oor die werk wat ophoop nie; hulle leef in die oomblik. Die enigste voordeel om met stres te leef, is dat jy Jesus dalk vroeër kan ontmoet - maar as jy meer tyd gehad het, was jou beloning dalk selfs groter!
22 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min