Woord vir Vandag - 24 Junie 2025

Loading player...
“Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor” Psalm 40:2 NLV
Die wagstrategie
Wanneer jy voor ‘n probleem te staan kom wat te groot vir jou voel of jou laat voel asof jy verdrink en nie weet wat om te doen of waarheen om te gaan nie, gebruik die wagstrategie. Dis die strategie wat Dawid gebruik het. Dit het vir hom gewerk: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys… Geseënd is die mens wat op die Here vertrou… U het my in staat gestel om te luister…’ (verse 2-5, 7 NLV). Dis moeilik om te wag as mens angstig is. Om geduldig te wag, is nog moeiliker. Stop egter en dink op wie jy wag: die Here. Hy is die Here oor elke situasie, insluited joune. Miskien sal die volgende illustrasie jou help. Arthur McKinsey skryf: ‘Dink aan ‘n probleem asof dit ‘n middeleeuse ommuurde stad is. Baie mense sal dit direk probeer aanval. Hulle sal die hekke bestorm en probeer om die mure met pure intellektuele krag en briljantheid af te breek. Ek slaan egter buite die stad kamp op. Ek wag. Ek dink. Tot eendag – miskien nadat ek al met ‘n heeltemal ander probleem begin worstel het – word die valbrug laat sak en die inwoners sê: ‘Ons gee op.’ Die antwoord tot die probleem kom alles op een slag.’ Om op God te wag werk op hierdie manier. Terwyl jy wag, is Hy namens jou aan die werk.
23 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min