Woord vir Vandag - 26 Junie 2025

Loading player...
“Doen jou bes om in vrede met almal te lewe…” Hebreërs 12:14 NLV
Los konflik vinnig op (2)
Om konflik op te los, moet jy die volgende doen: 1) Fokus op die persoon se gedrag en bly weg van opmerkings oor hul karakter. Deur te sê: ‘Dit was onaanvaarbaar van jou om my pos oop te maak,’ is beter as om te sê: ‘Ek kan nie glo jy was so nuuskierig nie!’ 2) Probeer om die ander persoon se gedrag te verstaan, eerder as om jou eie gedrag te probeer regverdig. Dit sal aktiewe luister vereis. Aktiewe luister bevestig die ander persoon se gevoelens en verskaf hulle die motivering om na jou te luister. ‘Die oppermagtige Here het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit ‘n leerling betaam’ (Jesaja 50:4 NLV). 3) Los een probleem op ‘n slag op. Moenie die gesprek tussen julle met onverwante sake vertroebel nie. Bespreek dit later. 4) Kom oor toekomstige gedrag ooreen, ingeval die situasie weer voorkom. Konflik is stresvol en dit is tot jou voordeel om dit te beperk. Jy kan nie konfliksituasies heeltemal uit die weg ruim nie, want almal is uniek, met verskillende agtergronde, maniere van kommunikasie en begeertes. Jy kan egter die probleme in die gesig staar, dit oplos en as gevolg daarvan meer volwasse word. ‘Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon! Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard, op die baard van Aäron, tot op die soom van sy kleed. Dit is soos die dou van Hermonberg wat val op die berge van Sion. Want daar gee die Here sy seën: ‘n baie lang lewe’ (Psalm 133:1-3 NLV). As jy vrede wil hê en in God se seën wil wandel, moet jy aan versoening werk.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min