Woord vir Vandag - 29 Junie 2025

Loading player...
‘En moenie mor… nie…” 1 Korintiërs 10:10 NLV
Moenie mor nie (1)
As jy dink dat God murmurering nie ernstig opneem nie, lees die volgende: ‘En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ‘n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku…’ (verse 10-11 NLV). ‘n Gemor en gekla verhinder nie net dat jou gebede beantwoord word nie, maar dit beïnvloed ook jou gesondheid en diegene rondom jou se geluk. Dus: 1) Bid voor jy met jou dag begin. Ontvang God se hulp heel eerste. Moenie wag tot jy met probleme oorweldig word nie. Vra Hom om jou met sy vrede en vreugde te deurdring en jou in staat te stel om die hele dag op sy manier te reageer. ‘…die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!’ (Nehemia 8:10 NLV) 2) Kry ‘n goeie nagrus. Baie metaboliese en ander herstellende prosesse vind tydens die verskillende stadiums van slaap plaas. As jy nie genoeg slaap kry om jou stelsel te hernu nie, sal jy waarskynlik deur die kleinste dingetjies geïrriteerd voel. Dawid het gesê: ‘Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou’ (Psalm 3:6 NLV). 3) Praat met jou dokter. Wanneer die mense en situasies rondom jou gedurig vir jou soos ‘’n pyn in die nek’ voel, kan dit as gevolg van ‘n letterlike pyn in jou nek of ‘n ander deel van jou liggaam veroorsaak word. Chemiese wanbalanse kan kliniese depressie veroorsaak, maar die regte mediese hulp kan jou perspektief herstel. Let ook op jou dieet. Te veel kafeïen en suiker sal jou bui nadelig beïnvloed en ‘n styging in jou insulienvlakke veroorsaak. Die fisiese beïnvloed die verstandelike, emosionele en geestelike!
28 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min