Lunch Punch: Jannie Moolman en Riaan Hunter oor 'Lieflike Droom'

Loading player...
Lieflike Droom – Huldeblyk aan Gé Korsten
Met hierdie musiekproduksie bring Jannie Moolman en Riaan Hunter hulde aan die grootste Suid-Afrikaanse kunstenaar van alle tye (soos aangewys deur Rapport lesers), Gé Korsten. Die produksie vertel die storie van die liefling-legende se lewe en die gehoor word bederf met 17 van Gé se grootste treffers en nuwe musikale verwerkings in verskillende style. ’n Visuele kaleidoskoop van foto’s, videomateriaal en uittreksels uit flieks ondersteun die briljante, groot en meesterlike vertolkings van die immerbekende wysies deur Jannie en Riaan. Om ’n keuse te maak uit die skatkis van musiek wat Gé Korsten agtergelaat het, is byna ’n onbegonne taak maar die gehoor kan uitsien na onder andere Lieflike Droom, 1000 Soene, Sing Seeman Sing, Hier is ’n Mens en natuurlik sal Lied van die Lewe, Seeman, Liefling en Jerusalem gehoor word.
27 Jun Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Magda Louw en haar Erhard

Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, julle, regtig, goeie waarde vir geld, hulle sal dalk selfs genomineer kan word vir ’n prys of so… Maar die ou man vergeet heeltyd waar hy moet inkom en arme Magda moet net vure doodslaan. Selfs die dans is maar louwarm. (Klem…
10 Sep 10 min