Woord vir Vandag - 1 Julie 2025

Loading player...
“…Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.” Lukas 5:4 AFR53
Berei jy jouself voor? Nadat Petrus heelnag geen vis gevang het nie, het Jesus gesê: ‘…Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.’ Nadat hy aan Jesus verduidelik het dat die visse nie byt nie, het Petrus gesê: ‘…maar op u woord sal ek die net laat sak’ (vers 5 AFR53). Let hierdie belangrike detail op: Toe Jesus gesê het: ‘laat julle nette sak…’ het Petrus geantwoord: ‘op u woord sal ek die net laat sak.’ Blykbaar het Jesus ‘n groter vangs as Petrus in gedagte gehad! Hulle het inderwaarheid toe so baie vis gevang dat hulle net geskeur het. Wanneer jy klein dink, berei jy jou daarvolgens voor. Die Skrif beskryf God as volg: ‘…Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). As kind van God, het jy binne jou die krag om
verder te gaan as wat jy reeds bereik het en meer te doen as wat jy ooit gedroom het moontlik is. Wat is egter die probleem? Die volgende: Jy kan die regte hoeveelheid krag hê, maar nie voorbereid daarvoor wees nie! Om die druk wat met sukses gepaard gaan te hanteer, moet jy daarop voorbereid wees; anders kan sukses jou ondergang beteken. God sê Hy is bereid om die vensters van die hemel oop te maak en voorspoed op jou te laat reën (sien Maleagi 3:10 NLV). Die vraag is: berei jy jouself vir groter seën voor, of is jy met die status quo tevrede? Jy sê jy wil sukses by die werk behaal. Skerp jy dus jou vaardighede op, versterk jou werksetiek en ontwikkel nuwe maniere om dinge te doen? Met ander woorde, berei jy jouself voor?
30 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min