Woord vir Vandag - 8 Julie 2025

Loading player...
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV
Probeer. Probeer harder. Probeer langer.
Een van die grootste voorvereistes vir sukses is deursettingsvermoë. Dit gaan nie net oor hoe hard jy probeer nie; dit gaan oor hoe lank jy probeer. Ons is geneig om die hoeveelheid wat ons op die korttermyn kan bereik, te oorskat. Volgens ‘n Amerikaanse pastoor en skrywer onderskat ons egter: ‘…hoeveel ons oor die langtermyn kan bereik. Hoekom? Omdat energie eksponensieel is. Hoe harder jy werk en hoe langer jy werk, hoe meer vrugte werp dit af. In ‘n studie is aan Japannese en Amerikaanse kinders ‘n moeilike legkaart gegee om op te los, terwyl navorsers gemeet het hoe lank hulle sou probeer voordat hulle sou tou opgooi. Gemiddeld het die Amerikaanse kinders 9.47 minute lank probeer. Die Japannese kinders het 13.93 minute probeer. Dit is ‘n verskil van 47 persent. Wil jy probeer raai watter kinders beter op gestandaardiseerde wiskundetoetse presteer het? Sukses is ‘n neweproduk van harder en langer probeer. Daar is geen plaasvervanger daarvoor nie. Daar is geen kortpaaie nie. Dit maak nie saak of dit atletiek, akademie, musiek of wiskunde [of die bediening] is nie. Studies het getoon dat dit ongeveer tien jaar of tienduisend uur neem om uitnemendheid in enigiets te bereik. Jy moet hard en lank daaraan werk. Soos Malcolm Gladwell dit stel: ‘Tienduisend uur is die towergetal vir uitnemendheid.’ Is daar enige God-geïnspireerde idees waaroor jy opgegee het? Enige God-gegewe passies waarvoor jy opgehou veg het? Enige God-gegewe groot drome wat weens ongehoorsaamheid stof vergader? Moenie tou opgooi nie. Jy moet probeer. Dan moet jy harder probeer. En dan moet jy langer probeer.’
7 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min